
=====================================================================
'Losing my religion' (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

'Losing my religion'

KORT-KORTVERHAAL

deur Clinton du Plessis

SATERDAGAAND in die ou pakhuis. Dit lyk alles skielik so bekend vir my.

Die hande bokant die koppe, die vreemde rukkende lywe, die dansende liggame, elkeen besig met sy eie ding. Dit is net meer rumoerig, meer 
energiek en die musiek is donners hard. Ek onthou waar ek dit voorheen gesien het; Sondagoggende op Bop-TV; die musiek was net meer 
besadig, maar die mense het ook met hul hande bokant hul koppe gedans, sommige het onsamehangend geprewel en op die vloer neergeval. Voor 
op die verhoog was die DJ, hy't 'n wit pak gedra, in sy regterhand was 'n mikrofoon en in sy linkerhand 'n oop Bybel.

Sy naam was Jimmy Swaggart.

Die plek wriemel van lywe, kaal bolywe, pienk, groen, rooi gekleurde hare, koppe kaalgeskeer, seuns met ray-bans, meisies met kort rokkies, 
nou broeke, stywe bostukke, elkeen toegekokon in 'n wreld van polsende trommusiek.

Ek wurm deur die vloer dansendes tot ek teen die oorkantste muur in die hoekie stelling gaan inneem. Ek kyk teen die muur af en sien die 
ingang na die toilette. Dis waar ek wil wees, besluit ek en beur 'n pad oop tot by die deur. Ek sien hom, hulle het ges die dealer se kop 
is gewoonlik kaal geskeer.

Torpedo? vra hy.

Ek knik my kop. Drie, wys ek met my linkerhand; R450, s hy en hou sy regterhand uit. Ek neem die tablette uit sy hand en druk die geld in 
die verbygaan in sy bo-sak. Ek loop by die toilet in. 'n Meisie sit op die toe toiletbak, sy suig 'n suigstokkie. Haar lyf ruk op maat van 
die musiek. Ek gaan staan langs haar en gooi die tablette in my keel af. Die meisie maak haar o oop en glimlag, maar kyk by my verby. Daar 
is 'n kalmte op haar gesig.

Kom ons gaan chill-out, s die meisie.

Ons loop by die toilet uit en sy maak 'n ander deur oop. Lywe l die vloer vol en die plek ruik na sweet. Ons loop tot agter in die hoek en 
gaan l op die vloer. Die ligte hier is flouer, die musiek ook nie so duidelik hoorbaar nie. Die haartjies op my arms staan stadig op en ek 
kan die bloed in my are hoor pomp, ek voel dromerig en ek onthou die prentjies wat ek kleintyd in die Kinderbybel gesien het, 'n oop blou 
lug, wuiwende groen plate gras, wit skape rustig aan die wei, 'n wagter met 'n staf. Ek kan byna die gras ruik, die koel wind op my arms 
voel. Ek staan op 'n rots langs die see, die branders breek onder my. Uit die see kom 'n helder renboog, die kleure het ek nog nooit so 
helder gesien nie. Die renboog word 'n brug na die son. Ek stap van die krans af en loop op die renboog binne-in die son in, die strale 
is goudgeel. Ek voel 'n tinteling deur my vel. Ons staan op en beweeg in die rigting van die musiek. Die ligte flikker aan en af en deur 
die rooknewels begin ons dans. Ons dans, ons word een groot gemeente. Die DJ staan op 'n verhoog, ons kyk beurtelings op na hom, in sy 
regterhand hou hy 'n wit duif, in sy linkerhand hou hy 'n mikrofoon.

Sy naam is Jimmy Swaggart. Clinton du Plessis is digter en skrywer van Cradock. Hy was al 'n gas van die Stichting Poziefestival Nijmegen 
in Nederland, waar hy van sy gedigte voorgelees het, en het ook in Vlaandere met betrokkenes by Afrikaans kennis gemaak.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7213.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

